John Deere 5090EN

John Deere 5EN reeks trekkers. Die beste keuse vir wingerd en boord applikasies.

John Deere spog met nuwe reeks

John Deere het ’n nuwe reeks trekkers ontwikkel wat spesifiek ontwerp en gebou is om die struikelblokke die hoof te bied wat ’n boord, wingerd en kwekery aan boere stel.

John Deere se nuwe 5EN Narrow-trekkerreeks is só kragtig dat boere gerus kan wees daar sal genoeg krag wees vir selfs die moeilikste take.

John Deere se reeks 5EN Narrow-trekkers bied twee modelle. Danksy John Deere se PowerTech-dieselenjins van 57 kW tot 67 kW kan boere verseker wees daar is genoeg krag beskikbaar vir selfs die moeilikste take. Kapasiteit en trefkrag is vir John Deere belangrik.

“Operateurstasies vir die reeks 5EN Narrow-trekkers sluit ’n oop stasie en kajuitplatform in,” sê me. Irene Hart, produksiestelselspesialis vir boord- en wingerdtrekkers.

“Transmissie-opsies sluit die basiese 12F/12R PowerReverser met ’n opsionele kruipratopsie in. Dit is ideaal vir veeleisende toestande.”

Die swaardiens-MFWD-vooras met meganiese beheer bied ’n betroubare werkvermoë in normale laaitoestande. Die beperkte glip-ewenaar ontsluit die ware potensiaal van die as. Dit laat verhoogde trekstangkrag en verbeterde vastrapvermoë toe, selfs wanneer een band nie voldoende grondkontak het nie.

Operateurs kan danksy die ekonomiese 540/540E-kragaftakker die keuse uitoefen oor wat nodig is vir hul kragaftakkerwerktuie. Die 540E-model bied 540 r/min. aan die kragaftakker teen ’n enjinspoed van 1 700 r/min., wat baie brandstofdoeltreffend is. Hefboomkontroles is maklik om uit te ken en ergonomies en gerieflik geposisioneer.

GERIEFLIKE KAJUIT

Operateurs van die reeks 5EN Narrow-trekkers sal die vermindering van geraas en vibrasie deur die sitplek, stuurwiel en hefboomkontroles waardeer, tesame met ’n fabrieksgeïnstalleerde kajuit wat ROPS-gesertifiseer is dat dit beskerming bied indien die trekker rol.

Die 5EN Narrow se kajuit bied ’n skoon, stil omgewing met beskerming teen elemente en sluit ’n filter met geaktiveerde koolstof in.

Die kantvensters maak na voor oop vir uitstekende ventilasie. Die linkerdeur maak wyd oop, wat dit maklik maak om in en uit te klim.

TORINGSPUITE

Die bespuiting van spesialisgewasse is nou meer presies en goedkoper danksy John Deere se gespesialiseerde reeks wingerden boordspuite. Boere kan kies uit verskeie werktuie en torings waarvan die lugvloei en tenkgroottes verskil volgens wat hul bedrywighede op die plaas die beste pas.

“Die reeks is ideaal vir produsente van spesialisgewasse wat egaliger en presiese chemiese bespuiting vereis en minder geld aan brandstof en chemikalieë wil uitgee deur bespuitingsdoeltreffendheid te verhoog,” sê Hart.

Die toringspuite in die M100reeks is ontwerp vir vrugteboorde en wingerde. Die R100-reeks se toringspuite is spesifiek vir sitrus ontwerp. Die toringspuite in die M200-reeks is vir olyfboere ontwerp.

Die plantvorm van wingerde maak dit moeilik om die blare en vrugte te bereik, wat bespuiting derhalwe ook bemoeilik. Dit is nou maklik danksy die R300reeks se toringspuite met ’n unieke kombinasie van atomisering en blaastegnologie.

Nóg ’n belangrike aspek van John Deere se nuwe reeks gespesialiseerde gewasspuite is die lugtoevoerstelsel. ’n Doeltreffende waaierontwerp, kragtige aksiale waaier en groter waaiermonteerstuk verhoog die volume lug wat ingeneem word, aansienlik. Dit lewer ’n kragtiger uitset, wat tot doeltreffende lugvolumes en lae kragverbruikvereistes lei.

John Deere het verskeie torings om bykomende hoogte by neute of ’n sagter newel by vrugte te skep, na gelang van ’n boer se behoeftes en voorkeure.

Main Menu